Wie is ons

Welkom by ons gemeente

Baie welkom by AGS Waterval Gemeente (Grasdak). Of jy nou vir die eerste keer jou geestelike reis begin, of al lank saam met Jesus stap – jy is welkom, soos jy is.

AGS Waterval Gemeente het in 2002 ontstaan toe Pastoor Christo Visser die gemeente gestig het met ’n eenvoudige, maar diep oortuiging: dat mense ruimte nodig het om Jesus te ontmoet en Hom in die alledaagse lewe te leer volg. Vandag leef daardie hart steeds voort. Ons gemeente is nie ’n plek waar jy alles eers moet regkry voordat jy kan ‘belong’ nie, maar ’n spasie waar jy mag groei, ontdek en saam met ander oppad mag wees saam met Jesus.

Ons waardes is eenvoudig en prakties: Ontdek, Groei, Dien en Deel. Ons glo elke mens is op ’n unieke reis om God beter te leer ken, om te groei in geloof en karakter, om ander te dien soos Jesus gedien het, en om dit wat ons ontvang het met vrymoedigheid te deel met ander.

Ons visie vloei direk hieruit voort: Ontmoet Jesus, leer ken Jesus, dien soos Jesus en vertel van Jesus.

Alles wat ons doen, van eredienste en kleingroepe tot uitreike en bedieninge, is daarop gemik om mense te help om nader aan Jesus te leef en Hom sigbaar te maak in die wêreld rondom ons.

By Waterval Gemeente is daar plek vir groot en klein, vir vrae en groei, vir vreugde en worsteling. Jy hoef nie alleen op hierdie reis te wees nie. Ons glo geloof word dieper wanneer dit saam geleef word, en ons sal dit ’n voorreg wees om saam met jou hierdie pad te stap.

Mag jy hier jou geestelike tuiste vind. Mag jy hier groei en ontdek wat God reeds in jou begin het. En mag jy weet: jy is so welkom.

Seën en vrede,

Past. Christelle Botes
AGS Waterval Gemeente

Waterval Gemeente
Kersprojek Medewerker Span 2025
Adres

Portion 397 of Waterkloof no 305
R24, Waterkloof
Rustenburg

Kerkkantoor

Kantoor ure:
Maandae tot Donderdae
vanaf 09:00 tot 13:00

Kontak Nommer:
079 509 6319
info@watervalgemeente.co.za

Sondae Dienste

Dienstyd: Sondae 09:00

Ons sien uit daarna om jou te ontmoet.

Sosiale MEdia
Copyright © 2026 AGS Waterval Gemeente. All Rights Reserved.