Vind ‘n plek waar gemaklik kan sit en waar jy nie gesteur gaan word nie. Neem jou tyd om rustig te raak. Maak jou oë toe as dit jou help om te fokus.

Gaan in jou verbeelding na ‘n stilplek – miskien is dit ‘n veld, ‘n strand of iewers rustig waar jy veilig voel. Sien hoe Jesus voor jou staan. Sy oë is vol liefde, vriendelikheid en begrip. Hy jaag jou nie. Hy is geduldig, Hy staan daar en wag vir jou.

Sy hand is na jou uitgestrek en nooi jou om nader te kom. En terwyl jy ‘n tree na Hom toe gee, voel jy die gewig van alles wat op jou hart is. Die spanning, die hartseer, die teleurstelling, dalk selfs die dinge wat jy vir niemand vertel het nie. Maar Jesus weet reeds. Hy is nie verbaas oor enige daarvan nie.

Hoor nou hoe Hy saggies vir jou sê: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Daar is geen druk nie, net ‘n uitnodiging. Jesus staan daar met Sy hand uitgestrek, gereed om alles te vat wat jy dra – die dinge wat moeilik is, die dinge wat jou swak laat voel, die stryd wat jy voel jy nie kan afskud nie.

Neem nou ‘n oomblik, in jou hart, en sien hoe jy dit alles vir Hom gee. Stel jou voor dat jy vir Hom daardie bekommernis oor finansies, daardie vrees vir mislukking, daardie pyn om uitgelaat te voel, of die hartseer wat jy voel wanneer dinge nie gaan soos jy gehoop het nie. Hy vat dit alles, een vir een, met soveel liefde, asof Hy vir jou gewag het om dit vir Hom te gee.

En nou, terwyl jy Hom jou laste gee, voel hoe jy ligter voel, asof iets swaar van jou skouers gelig word. In ruil daarvoor bied Jesus jou iets moois aan – Hy sê vir jou die woorde, Ek gee vir jou My vrede, My krag en My vreugde. Hy kyk met liefde na jou en sê: “Jy hoef dit nie meer te dra nie. Laat My vreugde jou krag wees.”

Amen

Adres

Portion 397 of Waterkloof no 305
R24, Waterkloof
Rustenburg

Kerkkantoor

Kantoor ure:
Maandae tot Donderdae
vanaf 09:00 tot 13:00

Kontak Nommer:
079 509 6319
info@watervalgemeente.co.za

Sondae Dienste

Dienstyd: Sondae 09:00

Ons sien uit daarna om jou te ontmoet.

Sosiale MEdia
Copyright © 2026 AGS Waterval Gemeente. All Rights Reserved.